Grey-seuns het harte van goud!


Grey-seuns het harte van goud!

Dit was onlangs weer tyd vir die jaarlikse Tekkie Tax projek. Dit is ‘n unieke nasionale fondsinsamelingsveldtog vir verskeie welsynsorganisasies.
Vanjaar het Grey Kollege weer die inisiatief ondersteun deur ‘n civviedag aan te bied. Danksy die ouers, onderwysers en kinders, is ‘n ongelooflike R9330 vir Kindersorg ingevorder.
Die velddtog het in 2013 begin toe 'n paar van Suid-Afrika se grootste en mees standhoudende welsynsorganisasies koppe bymekaar gesit het.  Sedert die ontstaan, het hulle reeds 'n yslike R22.1 miljoen ingesamel vir welsynsorganisasies wat deelneem. 
Daar is 12 Nasionale Begunstigdes en hulle verteenwoordig meer as 'n 1 000 plaaslike nie-winsgewende organisasies. Hulle is: Epilepsy SA, Child Welfare SA, SOS Children's Villages, CHOC, Special Olympics SA, CANSA, Imisebeyelanga Services, Meals on Wheels, VVA, NG Welfare, SAVF en Endurocad.Kindersorg & Childline is gestig in 1914 en sedertdien is hul visie om 'n wêreldklas kinderbeskermingsorganisasie te wees wat professionele maatskaplike dienste lewer.
Dit is Kindersorg se doel om aan kinders 24 /7uur ondersteuning en beskerming te bied, deur ‘n groter bewustheid onder gemeenskappe te vestig en voorkomend en statutêr in te gryp, indien nodig.
?Hier is Mnr. Deon Scheepers en Mev. Riëtha Wagener (Kindersorg) tydens die oorhandiging.
 

Sharing Tools