Boogskut van formaat!


Boogskut van formaat!

Robin Hood sou moontlik sy moses teegekom het teen Altus Aucamp!

Altus (16)  het pas teruggekom vanaf Argentinië, waar hy Suid-Afrika verteenwoordig het in boogskiet tydens die Wêreldkampioenskappe.
Hy het 5de in die spanskiet geëindig, asook algeheel 17de in die individuele skiet.
Om sy Protea-kleure te verwerf vanjaar en Suid-Afrika te verteenwordig in Argentinië, was beslis die hoogtepunt van sy lewe sover.
Ander hoogtepunte vir 2017 is die feit dat Altus die nasionale kampioenskappe vir veldskiet, sowel as binneshuise skiet gewen het!
Hy het ook twee nuwe binneshuise gebreek en drie nuwe veldrekords laat spat!

Boogskiet is ‘n baie gekompliseerde sport en dit is beslis nie enige iemand wat die vermoë het om hierin uit te blink nie.
Altus het reeds op die ouderdom van 3 jaar begin skiet nadat sy pa vir hom ‘n plankbogie gekoop het en hy op die plaas voëls begin skiet het.

Daarna het die opwinding verdwyn en hy het eers in 2012 op die ouderdom van 11 jaar weer begin, nadat hy ‘n “compound” boog as ‘n geskenk gekry het.

Vyf jaar later en sy toewyding en harde werk, asook passie vir boogskiet, maak van hom ‘n internasionale deelnemer aan hierdie sport.
Hy oefen elke dag by die huis of by Tempe se boogskietklub en skiet gemiddeld tussen 100 en 150 pyle!

Sharing Tools