Hoogste toekenning3: Sport, akademie en kultuur


Hoogste toekenning3: Sport, akademie en kultuur

A K VOLSTEEDT-MEDALJE - vir uitstaande akademiese-, kultuur- en sportprestasies.
Sowel as die
LOUIS ESSELEN-beker vir uitstaande akademiese- en sportprestasies: 

Christopher Schreuder

Akademie:
Hy behaal onderskeidings in 7 vakke en behaal ‘n uitstaande gemiddeld van 88,1% in graad 12, wat vir hom ‘n baie belowende akademiese toekoms voorspel.
Hy beklee die vierde plek in graad 12 en ontvang ‘n erewapen vir akademiese prestasie.
Hoogste toekenning – Erewapen vir akademie.
Vierde hoogste punte in matriek.
Sy werk getuig van ‘n skerp intellek en die vermoë om sy akademiese verpligtinge nie agterweë te laat nie

Kultuur:
Hy is reeds sedert sy graad 8-jaar betrokke by die Stabiliskoerant se redaksie.
Vanjaar is was hy ‘n lid van die kernredaksie en vervul sy rol as Sportredakteur met groot sukses. Stabilis word aangewys as die vierde beste skoolkoerant in Suid-Afrika. Hy ontvang vanjaar volkleure vir Joernalistiek.

Sport:
As een van die mees veelsydigste sportmanne in vele jare verower hy SA Skole-kleure in twee sportsoorte, naamlik krieket en rugby.
Hierdie unieke prestasie word beloon met ‘n erewapen vir krieket, sowel as ‘n erewapen vir rugby. ‘n Blink toekoms lê vir hom voor in die sport van sy keuse.

Sharing Tools