Grey tennisspelers kraai koning


Grey tennisspelers kraai koning

Die Kovsies Grey Kollege Tennistoernooi 2017 het die afgelope naweek plaasgevind met die top SA skole wat in Bloemfontein deelgeneem het.

In die uitklopronde (Round Robin) waarin daar enkels en dubbels gespeel is, het Grey Kollege die volgende uitslae behaal:

Grey klop Affies                           8-1
Grey klop Waterkloof                   7-2
Grey klop Paarl Boys                   9-0

Grey Kollege speel teen Paul Roos in die semi- finaal en wen gemaklik met 5-1.
Grey Kollege is wen St. Stithians in die finaal met 5-2 en word dus as die kampioene van die toernooi gekroon.

Die volgende spelers het geen “enkels” wedstryd in die toernooi verloor nie en is gekies as die beste spelers in die toernooi.

Philip Henning          Beste no. 1
Joubert Klopper        Beste no. 2
Matthew Nel             Beste no. 5
Milan Theron            Beste no. 6

Finale uitslae

1.         Grey Kollege
2.         St. Stithians Boys’ College
3.         Paul Roos
4.         Hoërskool Waterkloof
5.         Affies
6.         Paarl Boys
7.         Pretoria Boys High
8.         Kearsney College

Foto:
Voor vlnr: Louis Grobbelaar, Milan Theron en Joubert Klopper. 
Agter: Gustav Fichardt (afrigter), Philip Henning (kaptein), Charl van Heerden, Liam Coertzen, Matthew Nel en Naresh Mahabeer(bestuurder).

Sharing Tools