Stoeier gekies vir SA-span


Stoeier gekies vir SA-span

Crowther van Niekerk, het die afgelope naweek goud verower in die Grieks Romeinse afdeling tydens die SA proewe wat in Pretoria aangebied is.
Hy is opgeneem in die SA-span wat aan die Afrika Kampioenskappe in Nigerië gaan deelneem in Februarie 2018.

Crowther is ook ‘n lid van die SA Kadetspan wat onlangs in Amerika gaan toer het en met uitstekende uitslae teruggekom het.
In La Pine, stoei hy drie wedstryde en wen al drie.
Hy wen 2 wedstryde met ‘n val en een wedstryd met Tegniese Superioriteit (hy het sy opponent met meer as 10 punte oorskadu en dan word die wedstryd gestop).
Twee dae later stoei hy in Sweet Home, waar hy weer drie wedstryde stoei en twee daarvan wen met Tegniese Superioriteit.
In Springfield stoei hy weer drie wedstryde en wen al drie. Twee van die wedstryde word met ‘n val gewen en die ander een met Tegniese Superioriteit.
Uit die nege kragmetings het hy dus agt gewen!

Buiten die bogenoemde sluit sy hoogtepunte vir 2017 ook die volgende in:
‘n Silwermedalje tydens die SA proewe in die Vrystylafdeling.
Twee bronsmedaljes in Vrystyl en Grieks Romeins tydens die SA kampioenskappe. Hy het boonop in ‘n swaarder gewigsklas deelgeneem vir sterker kompetisie.

Sharing Tools