Swemmers vaar uitstekend


Swemmers vaar uitstekend

Die Grey swemspan het sover ‘n opwindende swemkwartaal gehad.
In die eerste gala het 28 swemmers saam met die Grey atletiekspan na Pretoria vertrek waar hulle aan die Affies-gala deelgeneem het.
Die Grey-seuns het meegeding teen Affies, Glenwood High, Kearsney College, Pretoria Boys High en St. Benedict’s College.  
Die Grey-swemmers het teen die helfte van die gala, slegs een item verloor.
Die gala is egter gestop as gevolg van ‘n hewige donderstorm.

Tydens die Westville-gala het die swemspan uitstekend gevaar, veral wanneer daar in ag geneem word dat Westville bekend is as die beste swemskool in die land.
Grey se swemmers het die silwer verower.
Die swemmers was ook waardige ambassadeurs vir die skool en is veral gekomplimenteer op hul goeie gedrag en goeie maniere.  
Verskeie van die Grey-seuns het ook aan die Midmar deelgeneem.

Die uitslae van die Westville-gala is as volg:

1.   Westville             309
2.   Grey College      275
3.   St Davids            223
4.   St Benedicts       218
5.   Clifton                 184
6.   Affies                  158
7.   Westville             147
8.   Hilton                  141
9.   Glenwood           122
10. Maritzburg           93
11. Kearsney             92
12. DHS                     62

Die Grey-swemspan bedank graag die volgende borge en persone:

Borge:
Rosh Turchino van Pick n Pay Odendaalsrus.
Workhorse Clothing
Panarotti’s Mimosa Mall
Milne-en Greyling-gesinne

“Ons bedank graag ieder en elk wat betrokke was by die span se toere.
Spesiale dank aan Reynard Wessels met sy uitstekende kennis en insig, hulp en motivering. Spesiale dank aan Juffrou Helené du Toit met haar passie vir haar swemspan en Mnr. Machts wat altyd die manne inspireer met ‘n spanpraatjie”, sê mnr. Derrick Hamilton.

Juan-Luke Hamilton (swemkaptein) was bevoorreg om saam met sulke uitstekende spanmaats te kon werk.
Hy is bygestaan deur sy vier mede-graad12’s naamlik Karel Greyling, Juan Milne, Nathan Steyn (Affies-toer) en André Mouton (Westville-toer).

Sharing Tools