Atlete verower die meeste goue medaljes tydens die Interhoër atletiekbyeenkoms.


Atlete verower die meeste goue medaljes tydens die Interhoër atletiekbyeenkoms.

Die jaarlikse Vrystaat Sekondêre Skole-atletiekbyeenkoms op Sasolburg is op ‘n hoë noot afgesluit met Grey Kollege se atlete wat die meeste goue medaljes tydens die byeenkoms verower het.

Die Grey-atlete het 23 goue medaljes ingepalm, terwyl Bethlehem Voortrekker kort op hul hakke was met 20 goue medaljes.

In totaal het Bethlehem Voortrekker op 50 medaljes (goud, silwer en brons) en Grey Kollege op 44 medaljes geëindig. In die derde plek was Riebeeckstad Hoërskool met 33 medaljes in totaal.

Die top 5 puntemakers tydens die finale van Grey Kollege was:

1. DJ Liebenberg                o/15                Diskus                       58.19              918
2. Tielman Nieuwoudt         o/16               Gewigstoot                17.52               897 Rekord
3. MD Laubscher                o/19                110m Hekkies           00:14.52         871
4. Tat Botha                        o/14                Diskus                       53.51              869
5. Wicus Vosloo                  o/17                110m Hekkies           00:14.42         865

DJ Liebenberg en Tielman Nieuwoudt is albei onder die Top 50 atlete met die beste prestasies.

Die o/17 en o/19 medleyspanne het beslis ook die skool se naam hooggehou deur die medleys oortuigend te wen!

Druk hier vir ‘n opwindende video.https://www.facebook.com/groups/greycollege/permalink/1547601598692858/

Sharing Tools