Die Greyt Bash is weer om die draai!


Die Greyt Bash is weer om die draai!

Die Momentum Greyt Bash het vinnig gegroei en die laaste jaar uit sy nate gebars! Dit is belis een van die hoogtepunte op Grey Kollege se sportkalender en elke krieketspeler wil graag by hierdie aksievolle geleentheid betrokke wees. Verlede jaar is die kompetisie vergroot met die toevoeging van die Bloemfontein Uitnodigingspan (wat saamgestel word uit spelers van ander skole in Bloemfontein) en die Vrystaat-ontwikkelingspan (waarin spelers van regoor die Vrystaat gekies word).
Hierdie spanne sal almal mekaar die stryd aansê op Grey Kollege se velde.

Sharing Tools