Krieketspelers hou Grey se naam hoog!


Krieketspelers hou Grey se naam hoog!

Grey Kollege se eerste krieketspan neem tydens die langnaweek deel aan die Noord Suid T20 kriekettoernooi en vaar uitstekend!
Hulle het uitgespeel teen Nelspruit vir ‘n derde plek.

Nelspruit teken 189/5 aan.
Michael Bondesio neem 2/36.
Grey Kollege is almal uitgehaal vir 143.
Amandio Cavaleiro teken 52 lopies aan van 24 balle.
Juan Dee Oliver teken 42 aan van 28 balle.
Die span verloor met 46 lopies en eindig vierde uit 16 top skole in die toernooi.
Dit is ‘n uitmuntende uitslag wanneer daar in ag geneem word dat die span met 329 lopies eindig teen ‘n gemiddeld van 109.67 en ‘n “strike rate” van by die 200.

CP Klijnhans is aangewys as "Speler van die toernooi"!
Hy teken 329 lopies aan in 5 wedstryde teen 'n gemiddeld van 164.5.
Veels geluk CP! Ons is trots op jou.

Die uitslae van Vrydag en Saterdag tydens hierdie toernooi:

Vrydag (21 September)

Grey VS Bishops
Grey teken 218/4 aan in die 20 boulbeurte. 
Kolwers: CP Klijnhans moker 110 nie uit nie van 61 balle.
Amandio Cavaleiro 59 (32 balle). Bishops teken 211/4 aan in 20 boulbeurte.
Tsediso Kheswa neem 2/19 in 4 boulbeurte. 
Grey wen met 7 lopies. 

 

Saterdag (22 September)

Grey vs Waterkloof
Waterkloof word almal uitgehaal vir 158.
Boulers: Christean Neethling 5/19. 
Grey 159/4 in 18.6 boulbeurte.
Kolwers: Marco de Kock 44 nie uit (29 balle), CP Klijnhans 42 (27 balle), Danwich Beukes 40 (34).
Grey wen met 6 paaltjies.

Saterdagmiddag

Grey vs Westville
Grey teken 212/6 aan in 20 beurte. 
Kolwers: Brian Kershaw 43 nie uit (21 balle), Amandio Cavaleiro 41 (17), CP Klijnhans 38 (21), Juan Dee Oliver 27 (12). 
Westville teken 199/9 aan.
Brian Kershaw was die beste bouler met  5/26. 
Grey wen met 13 lopies. 

Sondag (23 September)
Ons speel in die eerste uitspeelwedstryd teen Rustenburg.
Grey 227/4 in 20 boulbeurte. 
CP Klijnhans kry 131 lopies (nie uit nie) van 61 balle en Danwich Beukes 45 (36).
Rustenburg teken 150/8 aan.
Juan Dee Oliver neem 3/23 en Michael Bondesio 1/4. 
Grey wen met 77 lopies. 

In die semi-finaal speel ons teen Centurion.
Grey teken 194/4 aan in 20 boulbeurte. 
Kolwers: CP Klijnhans 59 nie uit nie, Danwich Beukes 48, Amandio Cavaleiro 46. 
Centurion teken 194/2 aan en wen met 8 paaltjies. 

Sharing Tools