Hoogste toekennings ontvang


Hoogste toekennings ontvang

Tydens vanjaar se prysuitdeling het hierdie seuns die heel hoogste ere-toekennings ontvang.

Brian Kershaw en Jaque van Tonder verower die Louis Esselen-beker vir uitstaande akademiese- en sportprestasies.
Die J.M.B. Faure-beker word toegeken aan Henko Delport vir uitstaande akademiese- en kultuurprestasies.
Carel Greyling ontvang die A.K. Volsteedt medalje vir uitstaande akademiese-, kultuur- en sportprestasies.
Die D. Marquard-medalje word toegeken aan Rocco Steyn en Gerno Visser wat gesamentlik die tweede hoogste punte in graad 12 behaal het.

Nico Wipplinger ontvang die S.Franklin Dux-medalje vir die hoogste punte in graad 12.

Geluk met hierdie besonderse prestasies!

Foto: (Deur Van Zyl Naudé)
Voor: Rocco Steyn, Carel Greyling en Nico Wipplinger
Afrgter: Brian Kershaw, Jacque van Tonder, Henko Delport en Gerno Visser.

Sharing Tools