Sewentien
atlete van Grey is genooi om aan die einde van Maart aan die SA-skole
atletiekbyeenkoms in Germiston deel te neem. Bennie Prinsloo is na afloop van
die byeenkoms gekies vir die SA-Jeugspan.
Voor die byeenkoms is 63 Grey seuns ook
genooi na die Vrystaat byeenkoms. Slegs
40 het egter deelgeneem a.g.v. die Duineveld-interskool wat terselfdetyd
plaasgevind het.
Volgens mnr. Pieter Viljoen, die hoof
van Grey se atletiek, was die prestasies van die afgelope seisoen uitstekend.
By die SA-kampioenskappe is daar twee
2de plekke deur Greyseuns behaal. Bennie
Prinsloo en Hanno Bezuidenhout het in die 800m en die 300m hekkies
onderskeidelik twee 2e plekke behaal. Bennie is toe ingesluit in die SA-span,
wat op 25 – 27 Mei aan die Suidstreek Jeugkampioenskappe in Harare deelgeneem
het. Bennie se kommentaar, “Ek het die
SA byeenkoms baie geniet en het in die uitdun en finaal ‘n goeie tyd
gehardloop.” In die SA byeenkoms het hy
die 800m vir seuns o/17 ‘n tyd van 1:53, 31 afgelê.
Verder het die Grey-atlete soos volg op
die SA’s presteer: Daar was ‘n 3de plek,
drie 4de plekke, ‘n 5de plek, twee 6de plekke asook ‘n 7de plek. Daar was ook ‘n paar algehele 11de en 12de
plekke behaal. Grey is egter ‘n medalje
ontsê toe Masego Sesele in die 100m hekkies finaal gediskwalifiseer is. Hy het in sy uitdun ‘n vinniger tyd as die
finaal se wenner behaal.
Met doelwitte soos Bennie s’n wink daar
‘n blink toekoms: “Ek mik om in 2014 te kwalifiseer vir die Wêreld
Junior-atletiekbyeenkoms.”