Charl du Plessis : Oud-Grey se musiektalent,passie en toewyding is onstuitbaar

In 1992 ontstaan een van Grey se beste uitvoerprodukte, die Indomitus-sanggroep. Wêreldbekende pianis Charl du Plessis het destyds die voortou geneem in hierdie projek,‘n “projek” wat sou bestaan uit nie meer as dertien Grey-seuns nie, geskoei op die wêreldbekende “King's Singers.”

Charl du Plessis het na skool studeer aan die Universiteit van Pretoria onder die klaviermeester Joseph Stanford, en was die eerste student wat sy doktorale uitvoerende graad ontvang het in jazz en klassieke musiek. Hy is aangewys as ‘n “Steinway Artist”, ‘n eer wat slegs 49 mense wêreldwyd beskore is. Hy is tans bedrywig met ‘n minimum van 80 verhoogproduksies per jaar, wat insluit sy vertonings saam met Nataniël,sy eie produksies en asook vertonings reg rondom die wêreld.

Oor sy Grey-Kollege-wortels en sy aandeel in die sukses van Indomitus bly hy nederig. Hy is wel bewus daarvan dat hierdie groep verander het, net soos tye verander het. Hy noem dat die groep groter is, die repertorium se genres grootliks verskil en dat die groep-konsep verskuif het na diè van ‘n kamerkoor.

“Classic College”, 2011 se musiekfees, was ook ‘n reuse sukses. Dit was grotendeels te danke aan Charl se bydrae. Die wat gelukkig genoeg was om dit by te woon sal onthou van die emosionele optrede van die Indomitus saam met Charl, as ‘n huldeblyk aan hom.

Charl het tans ‘n hele paar CD’s op die rak, onder andere Piano Man, Shangai Brunch en Beethoven Tango. Besoek ook sy webtuiste by www.charlduplessis.com vir inligting oor sy beplande optredes, en staan die kans om een van sy CD’s te wen deur jou naam en adres na 082 749 3319 te sms voor einde Augustus 2012.

Sharing Tools