Athletics
ATLETIEK  -  2012
 
Hartlike dank aan ABSA, wat die Grey Kollege ABSA-Kampioenskapen Clover wat vir die twaalfde keer die Clover-, Grey Kollege-, OMSAtletiekbyeenkoms borg.  Sonder hierdietwee borge sal dit vir Grey Kollege nie moontlik wees om atletiek te kanaanbied soos huidiglik.  Vir die tiendeagtereenvolgende jaar het Grey met groot sukses aan die vriendskaplikeuitnodigingsbyeenkoms teen Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria deelgeneem.  Dit is op byeenkomste soos hierdie waar Greyse krag en karakter getoets word met gesonde kompetisie.
 
Grey behaal vanjaar  ‘n derde plek tydens Sentraal Top 20-byeenkomsteen van die land se beste atletiekskole soos Hoër Jongenskool Paarl, Paul Roosen HTS Louis Botha.
 
Tydens 2012 se Suid-Vrystaat Kampioenskap het 160 Grey-atleteaan meer as 180 items deelgeneem, `n bewys van Grey Kollege se diepte inatletiek.  Geen bekers was vanjaar op diespel tydens hierdie byeenkoms nie.
 
Vanjaar is 17 van Grey Kollege se atlete gekies om aandie SA Skolekampioenskap en die SA Jeug- en Junior-kampioenskap deel te neem.  Dit was die meeste atlete tot nog toe watgenooi is vir die gesogte byeenkomste. Baie geluk aan Bennie Prinsloo wat `n tweede plek tydens die Suid-AfrikaanseJeug Byeenkoms behaal het.

Baie dankie aan al die afrigters en atlete met 2012 se puik prestasies. Baie dankie aan die sportorganiseerders wat met soveel toewyding help om al hierdie seuns te organiseer tydens toere. Beplanning is reeds in die pyplyn om die atletiek - fasiliteite by Grey op te knap. Kom ons bou daarop voort om die Greygees op die atletiekbaan hoog te hou.
http://www.absa.co.za/Absacoza/
http://www.clover.co.za/